Image

De volledige versie van "Vooruitgang", een 100 jaar oud maar nog steeds actueel (Afrikaans) gedicht over het terugdringen van de eigen taal. Auteur Casper Peter Hoogenhout (1843-1922) en waarschijnlijk ook Ds. S.J. du Toit (1847—1911). Dit was de 'nieuwjaarsbrief' van Dolf Wieers tijdens onze Januari 2014 bijeenkomst.


C.P. Hoogenhout (1843-1922), verschenen in uit Groot verseboek van D.J. Opperman - Tafelberg (ISBN 0 624 02865 8)

Vooruitgang (100 jaar oud maar nog actueel Afrikaans gedicht)

 

 Casper Peter Hoogenhout (1843-1922) en Ds. S.J. du Toit (1847—1911)

CP Hoogenhout was die Hollandse skoolhoof van die Groenberg-skool by Wellington

uit Groot verseboek van D.J. Opperman - Tafelberg (ISBN 0 624 02865 8)

 

Engels! Engels! alles Engels! Engels wat jy siet en hoor;

In ons skole, in ons kerke, word ons moedertaal vermoor.

Ag hoe word ons volk verbaster, daartoe werk ons leraars saam,

Hollans nog in sekere skole: is bedrog, 'n blote naam!

 

Wie hom nie lat anglisere word geskolde en gesmaad.

Tot in Vrystaat en Transvaal al, oweral dieselfde kwaad.

‘Dis vooruitgang!’ roep die skreeuwers, ‘dis beskawing wat nou kom!’

Die wat dit nie wil gelowe, die is ouderwets en dom.

 

Wie daartegen durf getuige is 'n Patriotsrebel,

Word verag, gevloek, gelaster, en beswadder van die hel.

Met die vader van die leugen, wat hul aanvoer, ruk hul an,

En verguis wie nie wil saam doen, oweral waar hul mar kan.

 

En ons volk met slaap bevange, droom van vrede, is gerus.

Word hul wakker 't duur nie lank nie, net nou is hul weer gesus.

Mooie woorde, holle klanke, vrome praatjies gen gebrek;

Die wat van gevaar durf prate, die verklaar hul stapelgek.

 

Die voor taal en ouwe sede in die bres spring, is 'n dwaas,

‘Leer mar Engels, dit maak salig!’ skree hul uit met groot geraas,

‘Hollans sal van self wel kome, Afrikaans is Hotnotstaal!’

En die skole van die heertjies moet ons bowenop betaal!

 

Skole, waar ons seuns en dogters word verbaster, en geleer,

English History, English Grammar, net so veul jou hart begeer.

En ons kerke, deur ons vaders van hul sweet en bloed gebou,

Daarin word geheel onnodig English Sermons uigebrou ...

 

Koud word vrinde en betrekkings, Oom en Neef is nou Meneer;

Tante en Nig is Miss of Mrs., alles koud nes wintersweer.

Selfs ons kinders, as hul weer kom van die skole, ag hoe koud!

Hoog van oog, vol selfverbeelding, stug en styf as stukke hout.

English novels, English journals, daarmee word die tyd verkwis,

En so menig arme ouer weet nie dat daar gif in is ...

 

Dan die modes: al die klere, strikkies, lintjies, wat niet al!

En die huisraad moet verander wat nou Susan nie beval.

Pa is wyn- of vee- of graanboer, maar syn dogter is beskaam

As sy daar soms na gevraag word — boer is tog so ’n lage naam! ...

 

En wat Afrikaans of Hollands praat en as syn taal begeer,

Dié is dwaas, ’n arme sukkel, vreeslik dom en ongeleer!

En as hy van reg durf praat, word eenvoudig dit geseg:

“Jou rumoer- en oproermaker, weet jy dan nie Mag is Reg?”

 

 

 

Over dit bericht

Ring:
Limburg Herkenrode

Gepubliceerd op:
26 January 2014 15:19